William Faulkner | |
---|---|
William Faulkner in 1954, foto geneem deur Carl Van Vechten | |
Gebore | William Cuthbert Falkner 25 September 1897 New Albany, Mississippi |
Sterf | 6 Julie 1962 (op 64) Byhalia, Mississippi |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | The Sound and the Fury (1929) As I Lay Dying (1930) Light in August (1932) Absalom, Absalom! (1936) "A Rose for Emily" (1930) |
Eggenoot | Estelle Oldham (h. in 1929) |
Ouer(s) | Murry Cuthbert Falkner en Maud Butler |
Handtekening | |
William Faulkner (25 September 1897 – 6 Julie 1962) was 'n Amerikaanse skrywer en Nobelpryswenner van Oxford, Mississippi. Faulkner het romans, kortverhale, draaiboeke, poësie, opstelle en 'n toneelstuk geskryf. Hy is veral bekend vir sy romans en kortverhale wat in die fiktiewe Yoknapatawpha County afspeel, en gebaseer is op Lafayette County, Mississippi, waar hy die grootste deel van sy lewe deurgebring het.[1]
Faulkner het deur die merkwaardige vermenging van naturalisme, simbolisme en melodrama in sy werk van die grootste en boeiendste romans oor die suidelike state of die "Deep South" van die VSA geskryf. In 1949 het hy die Nobelprys vir Letterkunde ontvang vir sy omvangryke oeuvre.[2]